3Besters

woensdag 7 november 2007

Die Afskop

'n Bees bulk, 'n bul ook, so 'n Blou Bul bulk seker ook. Van daar die naam besterbulkblok. Met verwysing na die kinders se span wat hulle ondersteun! So opgedra want dit is hoe hulle groot gemaak is - om vir die Blou Bulle te skree. Selwers maar eintlik nog al die tyd 'n WP "fan".

Die naam klink darem goed op die tong en sag op die oor en daarom sal dit nou maar die blog se naam bly.

Ek is besig om honderd en tien verskillende dinge te doen en kla juis vanoggend vroeg alles hang in die lug - die blog, die website, die foto albums, niks kom klaar nie. Wel, beter om maar aan die gang te kom en stukkie vir stukkie van die groot rotse weg te tjip om eindelik resultate te kry.

Eintlik 'n lang storie - wou al lankal die website registreer en kry toe die idee om die blogspot daarmee te link. Die gedagte dan, iemand kan op die website ingaan en vanaf die website opkoppel op die blog vir kommentaar - of - vanaf die blog na die website toe.

Die website is geregistreer as 3bester.com. Toe begin die twyfel en die hele gedagte got stuck. Die website kan nie vorder nie, want ek het nog nie 'n naam vir die blogspot nie.

Wel, nou het dit al darem naam gekry en is nie meer identiteitloos nie. Intussen bietjie met die website rondgespeel en paar bladsye geskep - probleem is, die program wat ek gebruik is nie heeltemal compatible met die website host nie - nou moet ek eers 'n URL daarna laat verwys om die twee te versoen. Stap vir stap.

Intussen kan ek seker maar begin blog om gewoond te raak aan hierdie ding. Ek het die onaardige ding gedoen om my kop in 'n bynes te steek - very much self inflicted. Ek probeer om 'n reunie te reël vir ons matriek klas van '83. Nie gedink dit gaan probleme wees nie:
kry almal se e-pos adresse bymekaar,
skep 'n platform vanwaar almal kan gesels,
skep en plaas 'n lys met kontakbesonderhede wat almal gesamentlik kan update en populate,
tegnologie het gekom om te bly - alles kan per mail gerëel word.

Nee hoor, toe nie so maklik nie. Veral nie as mens tegnologies gestrem is soos ek nie. Nie die blogspot, website, of selfs Facebook is ideaal vir hierdie doel nie. So, alles beproef en daar is bitter min goeie wat ek kan vorentoe vat. Alles sit vas.

Dit nou min of meer in breë hoekom alles so draai en nie klaar kom nie. Wel, ek moet ook darem by sê - met die oefenry op Facebook om te kyk of dit gaan werk het ek soos 'n klein kindjie begin speel. Dit kan nogal heel verslawend raak. Veral as die geselskap daar so goed is soos die wat ek het - baie spesiaal.

Eers maar 'n paar dinge hier uit toets om te kyk wat werk en wat nie. Half simpel om al die gedagtes neer te pen en nie te weet gaan dit op die blog wees of nie - so, ek hou my in met die skellery, want oor tik gaan ek nie en glo hierdie gaan reg wees.

Eers 'n foto album ook probeer "upload". Ek sal maar by die einde begin en as dinge werk, so om begin terug werk. Ek sien net ek gaan baie dupliseer tussen hier en Faceboek en dit is juis wat ek wou verhoed. Soos ek genoem het, as ek nie begin nie gaan ek nie die grille van die ding begin verstaan nie. Hierdie eerste link is 'n paar foto's van 'n great dag laas week toe ek en 'n paar pelle gaan oesters uithaal het in Nederland. Goeie kos, goeie wyn en goeie geselskap - dit was regtig goed.

http://picasaweb.google.co.uk/3besters/OestergatNov07?authkey=kXd-PUhjb_o

Jong, raak eintlik klaar opgewonde - lyk asof die ding gaan werk.

Sommer nog 'n vinnige shot: 'n link van Youtube - musiek wat ek nogal deesdae baie geniet:

http://www.youtube.com/watch?v=ofYrt9ymTRo