So wag ek ook nog vir paar foto’s van Jarries van sy trippie toe hy hier was – nou nog nie gekry nie. Dus........ ek kon hierdie blog amper vir ’n jaar nie opdateer nie net omdat ek vir ’n paar foto’s moet wag....... steeds.... nou nog!
Genoeg is egter nou genoeg en ek kan ongelukkig nie langer uitstel om die blog op datum te hou nie. Daar is te veel dinge wat gebeur in die Bester huishouding, party dae sommer 50 dinge gelyktydig.

Eers nog verskonings soek – hierdie hier bo is maar yl gesaai. Die skool reunie is ook al amper ’n jaar terug verby en ek kom nou eers by daai foto’s uit, maar sien, ek kan nie die skuld kry dat die blog nooit op datum is nie, of dat ek nooit my foto albums in orde kry nie – dit moes Fré en Jarries se skuld gewees het.
Kon dalk ook Marlene se skuld gewees het...... sy neem so baie foto’s dis net nie waar nie! Êrens moet ek nog rede soek om nog vir Chantel ook die skuld te gee – weet net nie waar nie – tot haar krediet moet ek darem sê dat ek paar foto’s by haar gekry het.... bietjie simpelerig... nie so goed soos myne nie, maar darem, en......... “beggars can’t be choosers”.
En amper vergeet ek – my paspoort en kamera is laasjaar in Suid Afrika verloor / gesteel of so iets. Weet nou nog nie watter een van die twee nie. Dit kon ook grootliks bydrae dat ek nie die blog opgedateer het nie. Sien, daar was die pragtigste foto’s van die familie reunie, die skoolreunie en nog klomp ander dinge - die blombak bouery, foto’s van toe ek van die dak afgeval het, Marché se partytjie, ag, sommer klomp foto’s wat my sommer net weer moerig stem dat ek so agterlosig was dat die kamera gesteel/verloor is. Die moerigheid het my lus vir ’n blog sonder paar klassieke foto’s heeltemal gedemp. Hier is byvoorbeeld die enigste foto wat ek het om die blombakbouery te onthou. Die gedagte was om twee blombakke te bou waarin die kinders blomme vir Pops kan plant. Hierdie is die heel eerste blom wat daar uitgekom het.
Nou al hierdie dinge het gebeur net in twee of drie weke se tyd, en nou het ek ewe skielik amper ’n jaar se aktiwiteite om hier op te sit. “It’s gonna take ages!”
Fré, jy en Jarries het albei groot poef as ek julle weer kry. Fré kan dalk vergewe word – mits Anri my vergewe omdat ek nou nog nie haar mail van so drie maande terug geantwoord het nie. Nou nog nie, even na Johan my ernstig daaroor berispe het!
Miskien is dit tog ek wat maar net slapgat is en bly uitstel, sal maar nog een of ander tyd selfondersoek doen – net nie nou nie – ek kan nie verkeerd wees nie – die enigste keer wat ek nog ooit verkeerd was is die EEN keer wat ek gedink het ek was verkeerd.......