3Besters

maandag 18 februari 2008

Lughawe Blues

Op die lughawe en voel vir die eerste keer in 'n baie lang tyd vrek alleen. Verlang na mense soos ML en wonder hoe dit gaan. Nog twee ure om te sit en is nou maar besig om op die Inet rond te fiddle.

Te veel hooi op die vurk en te veel om te doen - kom nie regtig by dinge uit wat werklik ook saak maak nie, altyd 'n sucker om nog dinge by te doen maar begin dan paar spesiale dinge en mense af te skeep... glad nie lekker nie.

Miskien is daar 'n minder ingewikkelder verduideliking vir hoekom ek so voel. Dalk, net dalk, is dit die derde Bloody Mary se skuld. Nog altyd die "bad habit" gehad - voor 'n lang vlug drink ek een of twee van die goete en dan is die vliegtuig se slaap soveel dieper...... Party keer, maar net party keer, vat ek so bietjie meer as een of twee, en die vingers is ook bietjie dikker - vir die wat weet van dikker (meer) vingers! Dis hier waar ek myself begin "bluf" en sê - dis alles goed en voorkom "jetlag". Snaaks hoe mens partykeer sin van stront probeer maak.

Wel, nog 'n BM sal regtig nie sleg afgaan nie.... mis die kinders al reeds en is nog nie eers vyf ure van hulle af weg nie. Wonder nog altyd - ek dink die weg ganery raak my veel erger as wat dit vir hulle raak. Hulle is in 'n roetine en gaan maar net aan, saam met maatjies by die skool en allerhande lekker aktiwiteite - vir my, nou ja...... soos nou, op die Inet, of besig om te werk, glad nie so gaaf nie. G'n wonder mens raak sosiaal heel afgestomp nie.

donderdag 14 februari 2008

Tjip vannie blok(g) af

Nou maar weer verder begin tjip.

Eintlik half simpel om so in die helfte te wil begin. Weet nie of ek wil vorentoe praat en of ek eerder moet terug wys na alles wat al gebeur het nie.

Vorentoe praat is meer in die aard maar al die foto's en dinge moet op een of ander manier op die blog kom. Dit kan nie net gedump word nie, daar moet darem verwysings wees, anders lyk die plek soos Pietersburg se asgate. Beste sal seker maar wees so stukkie vorentoe en so stukkie terug - tot al die foto's min of meer opgesit is.

Teen die tempo wat ek hier aangaan hoop ek om teen Julie so halfpad te wees met al die foto's wat ek hier wou opsit. Daar gaan nog grosse intussen bykom want ons het 'n besige skedule wat voorlê.

Ons beplan om in Julie Suid Afrika toe te gaan want dit lyk asof die skool reunie eventually gaan realiseer. 25 jaar later - sal goed wees om almal weer te kan sien en met almal te kan gesels. Snaaks hoe dinge maar eintlik alles dieselfde is - wil praat oor dinge van vorentoe, maar vorentoe se dinge gebeur maar eintlik met die fokus op die verlede - so maak seker nie snaaks waar ek heen verwys nie - alles is maar dieselfde.

Wat ek sê maak seker nie veel sin nie, so die blog gaan maar van nature baie deurmekaar wees. Meer terapeuties vir myself as informatief vir ander.

Oor die besige skedule, what's new! Voor ons Suid Afrika toe gaan is daar nog heel veel wat hierdie kant moet gebeur. Marléne, Renier en Anika wil dalk nog kom kuier hier in Maart se omgewing, die Van Dyks kom hierheen in April, pelle van Chantel kom van Frankryk af vir 'n naweek en ons wil nog Mt Blanc gaan fiets somewhere in Mei. Skuld nog vir Anri en Frey 'n ete. Ook 'n ernstige kuier vir Bets en Andrew, daar of hier, sal maar sien.

Groot storie nou is net eers om vir Chantel te help om haar voete te vind en die au pair papiere uit te sorteer. Sy moet begin April weer vir 'n week by die huis wees om alles te kan finaliseer. Vir die wat nie weet nie, Chantel help my hierdie jaar met Marché en Pieter. Sy is nou al so om en by 'n maand hier en sy en die kinders het darem al begin bond. Om haar aan almal bekend te stel, dis 'n ou pêl van my se dogter en kom ook van Pietersburg af.



Haar eerste bekendstelling aan België was om haar Grote Mark toe te vat. Hier is die link daarvan vir nog foto's:

http://picasaweb.google.co.uk/3besters/Chantel02?authkey=DJtOmGHYUgA

Vir die kinders was dit die belangrikste om haar van wafels en room te leer. Wonder hoekom?



Genoeg nou eers daarvan - het probeer kyk of ek die foto's met html kan embed en dit het wraggies gewerk. Ek dink ek gaan hierdie blog ding begin kop en dit kan nogal 'n lekker speelding raak.

Ons was die naweek wat verby is Rome toe gewees. Heel skaflike plekkie hoor..... Laat ek nou nie lieg nie - dit was iets moers! Daar is nie ander woorde om dit te beskryf nie. Marché en Pieter het hulle self gate uit geniet en het baie gesien, baie beleef en ervaar, en ook baie geleer. (Paar lewenslesse ook) Ons het grosse foto's geneem, want dis ou geboue.... mooi geboue, kerke vanaf toentertyd, baie pilare, baie fonteine, baie pleine en pleintjies, baie shopping plekke, ag jong, baie dinge wat gebeur het.

Hier is paar foto's - net so duskant die 200! Kan egter nie genoeg wys van alles wat ons gesien en ervaar het nie - dit was great! Net so ter inleiding: Die span (Chantel, Marché en Pieter)het my by die werk kom oplaai en ons is direk lughawe toe gewees. Was nog besig met 'n conference call met my baas terwyl die span onder in die kar sit en SMS'e stuur om te sê hulle wag! 'n Dolle gejaag tot by die lughawe - ons het met RyanAir gevlieg - Europa se weergawe van Kulula, ek dink net bietjie goedkoper!

Ek gaan nie die hele storie vertel nie want daar is te veel om te sê - Chantel het ook 'n blog by http://tellaseblog.blogspot.com/. Haar weergawe van Rome is 'n "fairly true reflection" oor die trip. Behalwe natuurlik vir die vliegtuig storie waaroor daar nie uitgewei is nie - soos afgespreek! Daar is sekere dinge waaroor mens nie uit die bus (vliegtuig)mag praat nie!

Ek soek nou gou 'n foto van ons almal in Rome en wraggies daar is nie eers een nie! Hier is darem een van die span waar hulle hul eerste Gelati roomys geëet het - soos voorgeskryf deur Marléne wat 'n ou traveler is en bekend is aan Rome. As sy eers begin praat oor plekke klink sy soos 'n ensiklopedie. Ek en die kinders sal seker eendag ook so baie weet!




O ja, hier is die link vir die grosse foto's.

http://picasaweb.google.co.uk/3besters/RomeFeb08?authkey=Mp72kP2-exg