Terwyl ek nou besig is om te "update" - druk ek dit maar in die rooi en probeer soveel as moontlik opgesit kry.
Die dag breek al grou oor die oosterkim............... of so iets....... eintlik maar net sê, oor 'n uur of wat begin die geskarrel alweer en dan moet ek vir Marché by Chi-Chi's hê want sy is op pad hokkie toe. Speel by 'n plek met die naam van Egnberg, of so iets. Ek moet vir Pieter self later vanoggend Leuven toe vat, want hy speel daar hokkie. Marché was juis gisteraand heel hartseer dat ek nie saam met haar kan gaan vandag nie, nogal moeilik om jouself in twee te split. Pieter het 'n maatjie wat hier geslaap het gisteraand - sy naam is Daniël - ek dink met 'n deelteken - alle geval - die Engelse Daniel - gelukkig is die mannetjie nie rêrig Engels nie - hy is Portugees, want sou hy Engels gewees het sou Pieter nie toegelaat het dat Daniel hier bly nie - die man (Pieter) het mos geen sin in die Engelse nie - die konsentrasiekamp stories was vir hom net een te veel - en die feit dat hulle met die Voortrekker aktiwiteite nog die graffies moes gaan skoonmaak - dit was maar eintlik net die brandyster wat dit vasgebrand het in die geheue - ons mis nogal die Voortrekkers met al die aktiwiteite, die vriende, die samesyn dit was darem heng lekker.
Hier is paar foto's van ons tyd by die Voortrekkers - een of twee foto's ter herinnering aan Oom Hardus en Tannie Trienie se plaas op All Days - goue tye..............





O ja, voor ek vergeet, gepraat van Chi-Chi's, dis nou die local Spur en is Overijse se weergawe van 'n Steakhouse - heel aangename plek en ons het darem al een keer daar gaan eet. Daar is egter genoeg ander plekkies om by te kuier en te eet en mens kom nie regtig by 'n Steakhouse uit nie - dis nie hoog op die prioriteitslys hier nie. Alle geval hier is 'n foto wat ek nou net geneem het toe ek vir Marché gaan aflaai het.
Ek praat nou die aand met Héleen Robbertze (Van der Merwe) oor Google Earth en toe dog ek ek wil graag kyk of ek Google Earth kan intrek op die blog........ wel hier is 'n "spot" waar ons nogal lekker kuier. Overijse se Begintjesbad. Dis 'n binnenshuise swembad met 'n wildwaterbaan (BE se naam vir Supertube)
Heng, great stuff!!! Ek het nie gedink ek sou dit reg kry nie - if your good, your good! Mense, van nou af - weet net, julle gaan toegegooi word onder Google Earth foto's. Plaas van dat ek ginnegaap om te verduidelik waar dit is - "read and look for yourself"! Die wildwaterbaan is die ligblou gedeelte in die middel van die foto - alles binne so 'n tipe glas huis - die lang dak net regs van die ligblou - dis omtrent die restaurantjie en die groot dak regs is 'n olimpiese standaard swembad - die Belge is nogal heel swem bedinges ook - baie lekker.
Die kinders het 'n staande afspraak om elke Vrydagaand daar te gaan swem tussen 19:00 en 21:00. Daar is 'n klein restaurantjie daar en as ek nou nie lus het om tikkertjie saam die kinders op die wildwaterbaan te speel nie........ nou ja....... dan nuttig ek 'n glasie wyn of biertjie in die restaurant. Let wel..... ek nuttig 'n glasie wyn....... ek gaan nie wyn suip soos ander mense my toedig nie. (So bietjie binnepret in 'n rigting - ek weet dit sal tref)
Man, ek voel nou "tjaffed" met myself oor die Google Earth ding - voor ek verder gaan, sommer so 'n vinnige een uit die heup uit - hier is ons huis in Overijse.
Nou ja, weer terug by die blog - wat op aarde het al hierdie gebrabbel en dinge te doen met die opskrif hierbo - "Die Span uit die Woestyn"? Absoluut niks - dis nou maar weer net ek wat van een ding na die ander spring en glad nie by 'n punt kan begin nie.
Die Span uit die Woestyn - dis nou die Van Vuurens. Marlene en haar jongspan tweeling, Renier en Annika het hier kom vakansie hou vir 'n klomp dae en dit was een heel besige tyd wat ons gehad het om die meeste van die "been there - done that - dinge" te doen.
Die span het hulleself reguit uit die woestyn binne 'n klomp sneeu vasgeloop. Lentedag hier in BE is amptelik die 21ste Maart, maar toe kry ons wraggies sneeu op 25 en 26 Maart. Hier is paar foto's van die sneeu.




Marlene het so 'n fancy kamera waarmee sy al wat 'n sneeuvlokkie is wou afneem, maar die beligting moes elke keer gestel word want sy het nou net 'n fotografie kursus gedoen, mense wat fotografie kursusse deurloop het, mag nie foto's op "idiot mode" neem nie - jy moet die beligting stel. Mensig, was die kinders darem ontstig daaroor - tot my twee het nou al kamera sku geraak - Marlene het vir hulle 'n kamera knou gegee wat hulle nie maklik sal vergeet nie.
Vir enige een wat die blog gevolg het tot nou - dit het nie rêrig so lank gevat om vir Marché by die hokkie af te laai nie - het ge - "side tracked" geraak met ander dinge, en kom nou eers weer by die blog uit!
Ewenwel - hier is nog paar foto's van die sneeu.



En die Oerthe rivier wat in vloed was as gevolg van die sneeu.
Met dit alles as intree rede - (ja nee, verwag maar 'n lang "posting") - hier is alles wat ons saam met die Van Vuuren's aangevang het..... Min of meer in volgorde van gebeure - ek kan nie meer onthou presies wanneer het wat gebeur nie, ons was bietjie besig en het baie dinge gedoen in 'n baie kort tydjie. Soos Johan sê, "we tried to drink water from a fire hydrant" - daar was net te veel, te vinnig om alles behoorlik te kon doen.
Nietemin, alles was goed.
Jong, nou dat ek daaraan dink, bogger in elk geval die chronologiese volgorde. Hier is wat ons alles gedoen het - "mentioned randomly".
Ons was een dag Monchau en Durbuy toe gewees. Die geskiedenis agter die storie is as volg:
Monchau word geag die kleinste dorpie in Duitsland te wees, en .... veg om aanspraak te maak om die kleinste dorpie in Europa te wees. Durbuys weer, word geag die kleinste dorpie in België te wees, en.... maak aanspraak om die kleinste dorpie in Europa te wees. Wie die uiteindelike wenner is, sal niemand weet nie. (Ek dink in elk geval nie een van hulle is die kleinste nie - dis maar net 'n toeriste "gimmick") Alle geval - albei plekke is baie mooi en as ek self moet sê - ek verkies Durbuys - hoekom? - want een van die dae gaan ons daar kano ry op die Oerthe rivier. Daar gaan paar klassieke foto's uitkom - so - hou die spasie dop.... Ons gaan piekniek binne die rivier hou!
Hier is die "link" vir die album:
Ons was ook by Brugge en Gent gewees. Beide dorpe baie mooi en daar is klompe geskiedenis agter elke dorp. Almal wat ooit in België was raai almal aan om ten minste Brugge te gaan besoek - blykbaar die "Klein Venesië" van Europa. Helaas, ek vind Gent meer mooi en en daar is baie meer interessante dinge daar - met dit gesê - smaak sal altyd verskil. Die plek kan wat my betref, ook maar deurgaan as "Klein Venesië" aangesien daar ook baie kanale is - die twee stede (regstelling van netnou se dorpe) is immers maar 40 km uitmekaar en daar is tot 'n kanaal wat die twee stede verbind.
Hier is die "link" vir Gent:
En ook vir Brugge:
Eie aan België was ons ook natuurlik in Brussels - die "been there, done that" foto's is geneem (Mannekin Pis en wafels en room). So ook die "Strip Museum". Dis nou nie Teazers se strip nie - "Strips" is "comics" in België - Tin Tin, of te wel Kuifie het sy oorsprong in België.
Hier is die "links" daarvoor:
Ook weer by Waterloo gewees waar ons weer herinner is hoe Napoleon sy alie gesien het. Die bult op die foto's het amper drie honderd trappe - ek het dit die afgelope ruk 'n rekord van vyf keer in drie weke uitgeklim.
Wat natuurlik erg lekker was, was om die tweeling (Annika en Renier) op hul verjaarsdag te kon vat na Nederland waar hulle kon ski. Ek noem Annika eerste want sy is blykbaar 15 minute vroeër gebore as Renier... weet nou nog nie hoe waar dit is nie, persoonlik dink ek dis maar 'n samesweerdery van vroue teen die mans.
Ons het gelukkig 'n GPS in die kar gehad en kon darem reguit na die ski-plek toe ry.... in Nederland. "However"........... ek lees party mense sê ons het verdwaal (Chantel se blog) - dit was natuurlik glad nie die geval nie - ons het net vir so 'n vinnige "sightseeing trip" deur Duitsland gegaan voordat ons gaan ski het.... in Nederland - ek meen nou maar - moet darem vir die Woestynmense soveel as moontlik van Europa wys! Die ski was baie pret en die foto's eintlik rêrig min. Dit gaan hopeloos te vinnig en daar is hopeloos te veel valle om heeltyd kamera in die hand te kan staan. Selwers het besluit om te probeer "snowboard" en het verskeie keer harpuis geruik - ek het eers na ongeveer drie ure kon sê ek kon 'n "slope" "snowboard" sonder dat ek hard geval het. Let wel - nie glad nie geval het nie - net nie hard geval het nie! Pieter en Marché verbaas my meer en meer by die dag, hulle het soos ou bedrywige skiërs geski.
Vinnig twee foto's van hulle:


(Duidelik was ek in Pieter se pad gewees vir hierdie foto!)
O ja, ek was ook daar tussenin gewees - die mees respektabele foto van my wat seker geplaas kan word - hier was ek ten minste nog op my voete gewees!
Die "link" vir al die Snow World" foto's:
http://picasaweb.google.co.uk/3besters/SnowWorldMrt08?authkey=E12pvc0lPDw
Verder was ons nog by Keukenhof ook gewees - dis die blommeplek in Nederland. Die blomme was nou nie van die beste nie, maar dit bly 'n belewenis. Ook sommer daar en dan gesien dat Nederland vir ons veel meer bied as net Keukenhof. Den Haag is nie te ver van ons af nie en is 'n baie lekker "see" om te gaan kuier- Ons sal definitief nou in die somer daar gaan swem - "watch this space".
Hier is die "link" vir Keukenhof en Den Haag.
Maggies, amper vergeet ek, ons was nog op 'n stadium in Amsterdam ook. Hier is die foto's daarvan. Ek en die kinders was by die was museum (Madam Tussuad), die Rijksmuseum, Van Gogh Museum, ons het bootjies gery, aandete geëet..... waar Chantel en Marlene al die plekke was, dit sal ek nou glad nie weet nie! "Link":
Klomp algemen foto's ook in die volgende "links":
Dit was regtig 'n baie lekker tyd en ons het almal ons self gate uit geniet.
Om terug te kom na Marlene se fotografie - goue tye vasgevang op 'n spesiale manier. Dit was goed.
Ai, die aand raak lank, amper vergeet ek die foto's van Mini-Europe. Dis nou waar jy vele plekke van Europa kan sien sonder om regtig soontoe te gaan. Hier is paar foto's van die plek:
"Somewhere" het ek die foto's van Waterloo en Brussels se Mannekin Pis en wafels en room gemis. Dit sal weldra met tyd uit kom. Byskrifte by al die foto's sal ook nog bygesit word ter verduideliking.
Nou moet ek nog net die Miltons se besoek op die blog kry en dan is alles min of meer op datum.......... tot volgende week as die Van Dyks hier aanland........ dan begin ons maar weer van voor af! Ek sien regtig uit na die span se besoek en kan nie wag dat hulle moet kom kuier nie. Die plan is om bietjie weg te breek van die wafels en room af en bietjie 'n kaasbord te gaan probeer by Delirium - daar is hoeka nog 'n paar biere wat wag om geproe te word!