3Besters

woensdag 16 april 2008

Die Milton's

Sout van die aarde mense. Dit was wonderlik om die Milton familie hier by ons te kon hê! Snaaks hoe mens partykeer sommer net dadelik "click" met mense. Mense uit dieselfde verwysingsraamwerk, mense met dieselfde agtergond (breë trekke). Ek het hulle begin mis die oomblik toe hulle in die kar klim om terug te ry na Parys.

Parys toe omdat Cliff daar werk - om nou behoorlik die familie uit te lê - Cliff is die jonge heer van die gesin - ongeveer drie meter lank en twee meter breed - 'n reus van 'n man. Nie rêrig twee meter breed nie, maar sy persoonlikheid maak op vir die breedte om by twee meter uit te kom - hy is nou van daai wat jy kan sê, hy vul 'n vertrek met sy teenwoordigheid! Nie om vir Pa Jimmy weg te gooi nie, boer van die Bosveld en self 'n groot man. (Lyk net klein langs Cliff) Magda is ma (self geseën met lengte) en liefderik moederlik besorg oor haar kroos. Die ander gedeelte van die kroos is Margha - Margha vir wie ek nog 'n present skuld. Die ander het almal elkeen 'n bier van België as geskenk gekry en ek wou nog België "chocolates" vir Margha koop maar kom toe agter dat 'n bier eintlik heel meer van pas sou wees. (Die bier is in die pos.... somewhere) O, ja - het ek dalk vergeet om te sê? Margha is ook nie die kortste van mense nie. So tussen alles het ek het nou die dag met 'n skok agter gekom dat ek ongeveer 3 cm in lengte gekrimp het. Die ouderdom tog! Ek dag heeltyd ek is relatief gemiddelde lengte en toe moes die kinders my herinner dat Chantel langer as ek is - dit het glad nie goed afgegaan nie. Hulle luister nou net vir my omdat ek 'n growwer stem het.

Mensig, maar ek kan tjol praat so laat in die aand (vroeg in die oggend). Gebruik maar die tyd om die blog op datum te bring want die kinders is nie by die huis nie. Hulle is besig met Bosklasse êrens in Westerloo, Chantel is in Suid Afrika en ek is "home alone". Ek gaan nie weer so 'n tyd kry om die blog op datum te bring nie. Nogal "lonely" hier by die huis en ek mis die kinders erg - eintlik jok ek - veel erger! (O ja, ter verduideliking, Bosklasse is amper dieselfde as ons ou Veldskool in SA)

Terug by die Milton's......... Cliff werk nie eintlik in Parys nie, dis sy speel plek......... vir die wat hulle rugby ken....... hy is daai lang man wat nou vir Stade de France rugby speel, het in die Blou Bulle se goeie tye daar diens gedoen..... klink lank gelede as mens praat van die Bulle se goeie tye.... in vergelyking met waar hulle nou staan. (As ek my nie self vergis nie was die goeie tye laas jaar) Ai, vat so katvis, was nog nooit 'n Blou Bul "fan" nie. Die Stormers is darem heel punt in die wind deesdae, dit gaan goed in die Kaap! Gelukkig is Cliff in Parys - so 400 km hiervandaan en nie eers sy 2,3 meter lyf sal my hier kan klap nie! Ek moet sê, nogal lugtig daarvoor.

Ewentwel, die kuier hier was baie lekker. Ek, Cliff, Margha en Chantel het een aand besluit om Brussels se gate te besoek. Net by een gat vas gehaak though, Delirium........ Dis nou die plek wat naam gemaak het omdat hulle 2000 verskillende biere verkoop, Guiness Book of Records en elke ding. Ons het 'n hele paar soorte bier die aand kaf gedraf en ek dink daar is nog net so drie wat ons nog nie geproe het nie. Hier is 'n foto waar ek liefdevol vir die kroegman vra om bier nommer 1 973 te skink. Ons het daarna nog so 24 stuks daarna probeer, maar snaaks genoeg, almal het dieselfde gessjjmaak!
"Say no more" - eerder dat die skandes uit my eie mond kom as wat mense dit op vreemde plekke hoor of lees! Cliff is in die agtergond en is self "impress" met die "order" wat ek insit by die kroegman!
Aag jong, dit was groot tye, broodnodige tye. Vriende was "great", atmosfeer was "great", " all in all" 'n wenner aand!

Chantel is nie hier by die huis om sensuur toe te pas nie - so - hier is paar foto's van daai aand, dit was heel goed:


"Enjoy it while it last"! Dalk verinneweer Chantel die hele album as sy terug is.
Dit was darem nie al wat ons gedoen het nie. Hier is paar foto's saam die hele span in Brussels......... by Mannekin Pis en wafels en room op die Grote Mark.












Alle geval - hier is klomp foto's van toe die Milton's hier gekuier het:


http://picasaweb.google.co.uk/3besters/BelgiMiltons08?authkey=yb6DMkbVVrg

Geen opmerkingen: