3Besters

woensdag 5 maart 2008

Sneeu in Maart

Eergisteraand so om en by 23:00 begin sneeu. My kantoor is in Waterloo (ongeveer 18 km van die huis af) en daar het dit veel erger gesneeu as hier. Sulke groot sneeuvlokke geval, blykbaar nie sneeuvlokkies nie, almal wat dit gesien het was verstom oor die grote van die vlokke.

Hier by die huis was dit darem ook lekker wit en mens kon darem die sneeu op die bome begin sien en die grond was darem goed wit.


Dit was Chantel se eerste regtige kennismaking met sneeu en sy het vroeg by my en die kinders ingebars om te sê - dit het gesneeu! Ek dink sy was nogal heel "disgusted" met die reaksie van ons kant af - min gepla, klaar Europees! Erg hoe vinnig die kinders kan aanpas en dinge aanvaar. Ek sê toe maar net vir Chantel, ja, OK. Ek sal netnou gaan kyk of dit sneeu is en of dit nie maar net ryp is nie. Toe ek en Pieter eventually buite is het ons darem so een of twee sneeuballe gegooi - net om te sê.... ons geniet dit nog steeds en sal dit altyd waardeer, al raak ons dit gewoond.



Hier is ek en die kinders met ons heel eerste sneeu kennismaking in Overijse. (Februarie 2007) Ons was veel erger opgewonde as wat Chantel ooit kon droom om te wees.
















En hierdie was die volgende oggend, steeds besig om te sneeu!




Gisteraand terwyl ons besig was om kos te maak in die kombuis het dit weer amper gesneeu. Nou kyk, die sneeu stories kop ons nog nie heel mooi nie. Daar is verskillende vorme en elkeen val op sy eie manier. Mens kry swaar sneeu, ligte sneeu, nat sneeu, droë sneeu, kapok, hael, ryp en dan nog so gebroedsel tussen kapok, nat sneeu en hael. Nou ja, wat gisteraand geval het, is die laas genoemde. Die gebroedsel tipe - en dit terwyl die son skyn buite. Dit was iets wat lyk soos sneeu, gevorm is in korrels, wat dadelik smelt as dit aan iets raak - so wat dit was, weet ek nie, dit was 'n gebroedsel.

En net oor die naweek sê ek nog vir die kinders ons gaan nie sneeu kry hierdie jaar nie...... Duidelik ken ek nog nie die weer hier nie! Hier is paar foto's en 'n album van hoe ryp nou eintlik lyk. Dit was geneem in Desember by my kantoor na 'n goeie ryp sessie.





Nog foto's by:

http://picasaweb.google.co.uk/3besters/FrostAtTheOffice?authkey=IovXU1lK79c


O ja, dan kry mens nog ys ook. Nie gewone ys soos ons dit ken wat dit in 'n glas gooi nie. As hier eers ys op die paaie is gaan dit baie rof. Karre staan sommer op een plek en spin. Theo, Annelie en Cherise was in Desember hier en toe het ons na een of ander wêreld bekende ys expo gaan kyk in Brugge. Dit was blykbaar op TV in Suid Afrika ook gewees - 'n heel interessante affêre:



Ek en Theo het 'n vinnige "shot" vodka by die ysmuur gevat....



Die hele ys expo album is by: http://picasaweb.google.co.uk/3besters/IceExpoBrugge2007?authkey=PPcveF9cERQ


Terwyl ek nou so besig i
s met die ys en sneeu stories... hier is ons in Oostenryk besig met rêrige sneeu vakansie. Hierdie eerste album is die hartseer een gewees... Desember 2006.

http://picasaweb.google.co.uk/3besters/OostenrykDes06?authkey=NHQwFa4VHt4

Terwyl ons op hierdie punt is... ons was in Junie 2006 nog almal saam by Menlyn in Pretoria waar ons op "Boere sneeu" gespeel het. Min nog op daardie stadium geweet wat alles op ons wag.



Hier is 'n paar klassieke foto's tussenin.

http://picasaweb.google.co.uk/3besters/MenlynJunie06?authkey=6__1svMc1lU

En hier is die laaste van sneeu/ys/wat ookal vir die oomblik. Ons vakansie saam met Theo, Anneli en Cherise in Sneeu land. Goue tye... dit was wonderlik om hulle hier te hê. Hierdie eerste foto was Ou Kersaand, net nadat ons by die hotel aangekom het.



Hierdie is Anneli saam met die kinders besig om by 'n bult af te jaag. Heng, ons mis Pops erg jong. Sy sou dit so "gelaaik" het!



Die hele album van die ski trippie by:


http://picasaweb.google.co.uk/3besters/Kersfees2007Oostenryk?authkey=59Vf1YfSKBQ

Die laaste foto op die album is ek besig om by die helling af te ski.... wishful, wishful - sommer net 'n foto van 'n poster wat Pieter met die kamera geneem het.

zondag 2 maart 2008

Sondag - "Kip op het spit"




Dis mos nou hoe gebraaide hoender moet lyk, én nog 'n gekleurde bord kos boonop! Hier is klomp sulke gaslorries (meeste groterige dorpe) wat langs die pad staan, en verkoop dan gebraaide hoender op spit. Overijse s'n is natuurlik die beste aangesien hy ook "spare ribs" verkoop. Dis elke Vrydagaand se ete - of "spare ribs" of hoender.

Vandag toe ons terug ry van die kerk af toe staan daar so 'n lorrie langs die pad - nie die pad wat ons normaal huis toe ry nie, en besluit sommer daar en dan, vandag is weer hoender dag. (Het bietjie laat van die kerk afgekom want ons het daar vasgehaak saam met die onthaal span) Overijse se "kiplorrie" werk nie op Sondae nie en die hele plek is doodstil. Geen plek wat oop is op 'n Sondag nie.... Suid Afrika van so 'n goeie twintig jaar terug!

Ek hoop regtig om nou van hierdie bloggery 'n gewoonte te maak anders kom daar "boggerol" van die bloggery. Ek sien die "links" wat ek gister by die "slideshows" gesit het om na die album in plaas van die "slideshow" te kyk is toe heel onnodig. Al wat mens kan doen is om te "double click" op die "slide show" en dan is mens in elk geval in op die "link" en by die album. Dan kan mens rustig foto's kyk sonder enige gejagery of stellery aan die "slide show".

Hier het nou net 'n vrou en haar dogter aangestap gekom toe ons by die huis stop. Sy stel haar en haar dogter toe voor en vra dat Marché en Pieter tog moet oor kom om van tyd tot tyd daar te kom speel. (Hulle bly so 30 huise af in die straat.) Marché het nou al seker 'n stuk of tien maatjies wat almal in haar portuur groep is wat almal loopafstand van mekaar woon. Ek sidder om te dink wat gaan met hierdie buurt oor so vier/vyf jaar van nou af gaan gebeur met al die tienerdogters.......

Die Bester huishouding is stadig maar seker besig om te besluit om permanent hier te "settle"..... Die Belge is amper 'n nasie soos die boere van ouds. Hulle kyk eers die kat behoorlik uit die boom uit en as hulle dan besluit jy is nie te "bad" nie begin hulle oop te maak en jou toe te laat in hul samelewing. Johan sê annerdag - amper soos 'n neut - klip hard van buite, maar as jy eers binne is, is die mense sag en heel aangenaam. Ek dink ek sal kan oud word in hierdie gemeenskap - soos ek sê - Suid Afrika van so twintig/dertig jaar terug. Dis "great" mense hierdie - sout van die aarde. Die een buurman en sy vrou stap nou die dag twee kilometer om vir Marché by 'n winkel te wag sodat die vrou saam met haar kan klere "shop"! Dit maak mens eintlik bang - weet nie of mens ooit genoeg terug sal kan doen vir hulle nie, al verwag hulle niks.

O ja, met die bloggery - om van die albums te kan afwerk hier is twee van Durbuys, 'n klein dorpie in die Ardenne. Ons was laas naweek vinnig daar om te gaan verken vir 'n kanovaart op die Oerthe rivier. Eers vir die kinders en Chantel geleer hoe om plat klippe op die water te kan gooi.



Ons het regtig nie veel foto's geneem nie want die plek lyk maar half oeserig in die winter. (Steeds pragtig, net al bietjie bederf)



Weeg dit maar self op teen hierdie album van laas somer toe ons daar was. Die beplande kanovaart vind een van die dae plaas en ek beplan 'n piekniek op die rivier. Dit gaan iets "greats" wees!



Ons het met hierdie trippie ook 'n naambord van Marché gesien - sy was heel in haar noppies hiermee. Verder ook op die album - dit lyk asof die boere hier nie veel erg aan mielie boerdery het nie - daar is een boer wat 'n nasionale "Laberynth" het in sy lande - maak blykbaar meer geld met die Laberynth as met die mielies self.

Die mense hier in België veg met die mense in Duitsland om erkenning te kry vir die kleinste dorpie in Europa. Die Duitsers sê Monchau is die kleinste en die Belge sê Durbuys is die kleinste.

Hier is paar foto's van Monchau. As buitestaander kan ek regtig sê dat Durbuys definitief kleiner is, maar Monchau dalk net bietjie meer bied.

zaterdag 1 maart 2008

Saterdagaand

Die kinders kyk "How the West was won" op TCM. Ekselwers.... besig om drie dae terug se stoof-braai tjoppie te eet.... murg sag sê ek jou.... Mens moet hom net goed gaar braai die eerste keer, nie dood gaar nie, net goed gaar, soos tjoppies moet wees. Min mense weet hoe lekker dit kan wees - ek meen nou maar net, hoeveel mense sal nog drie dae terug se braaitjoppie in die yskas hou? (Old habits never die.) Nou ja, voor ek enigiemand wat dapper genoeg is om dit te probeer vergewe - onthou net, ek het nog nooit die murg probeer na drie dae nie, was nog altyd bang daarvoor en eet dit net die eerste dag!

Ek en die kinders is reeds van vanoggend vroeg op besig met hokkie en sport dinge vir die kinders. Marché het vanoggend vroeg op Leuven gaan speel, Pieter daarna op Mechelen, heel ver uitmekaar uit.

Marché en span - Link na web album - http://picasaweb.google.co.uk/3besters/MarchHokkie07?authkey=3-LiPEM4t68

Slideshow



En nog 'n paar by: http://picasaweb.google.co.uk/3besters/MarchHokkie08/photo?authkey=DPXIqvUivDM#5173052649450008498



Ook van Pieter - hy het gister "Keeper" gespeel:



Nog van Pieter se hokkie by http://picasaweb.google.co.uk/3besters/PieterHokkie?authkey=NaP7ntghP_Y

Terwyl ek nou so aan voeter met copy en paste - hier is sommer 'n slideshow van hom ook: