3Besters

woensdag 5 maart 2008

Sneeu in Maart

Eergisteraand so om en by 23:00 begin sneeu. My kantoor is in Waterloo (ongeveer 18 km van die huis af) en daar het dit veel erger gesneeu as hier. Sulke groot sneeuvlokke geval, blykbaar nie sneeuvlokkies nie, almal wat dit gesien het was verstom oor die grote van die vlokke.

Hier by die huis was dit darem ook lekker wit en mens kon darem die sneeu op die bome begin sien en die grond was darem goed wit.


Dit was Chantel se eerste regtige kennismaking met sneeu en sy het vroeg by my en die kinders ingebars om te sê - dit het gesneeu! Ek dink sy was nogal heel "disgusted" met die reaksie van ons kant af - min gepla, klaar Europees! Erg hoe vinnig die kinders kan aanpas en dinge aanvaar. Ek sê toe maar net vir Chantel, ja, OK. Ek sal netnou gaan kyk of dit sneeu is en of dit nie maar net ryp is nie. Toe ek en Pieter eventually buite is het ons darem so een of twee sneeuballe gegooi - net om te sê.... ons geniet dit nog steeds en sal dit altyd waardeer, al raak ons dit gewoond.



Hier is ek en die kinders met ons heel eerste sneeu kennismaking in Overijse. (Februarie 2007) Ons was veel erger opgewonde as wat Chantel ooit kon droom om te wees.
















En hierdie was die volgende oggend, steeds besig om te sneeu!




Gisteraand terwyl ons besig was om kos te maak in die kombuis het dit weer amper gesneeu. Nou kyk, die sneeu stories kop ons nog nie heel mooi nie. Daar is verskillende vorme en elkeen val op sy eie manier. Mens kry swaar sneeu, ligte sneeu, nat sneeu, droë sneeu, kapok, hael, ryp en dan nog so gebroedsel tussen kapok, nat sneeu en hael. Nou ja, wat gisteraand geval het, is die laas genoemde. Die gebroedsel tipe - en dit terwyl die son skyn buite. Dit was iets wat lyk soos sneeu, gevorm is in korrels, wat dadelik smelt as dit aan iets raak - so wat dit was, weet ek nie, dit was 'n gebroedsel.

En net oor die naweek sê ek nog vir die kinders ons gaan nie sneeu kry hierdie jaar nie...... Duidelik ken ek nog nie die weer hier nie! Hier is paar foto's en 'n album van hoe ryp nou eintlik lyk. Dit was geneem in Desember by my kantoor na 'n goeie ryp sessie.





Nog foto's by:

http://picasaweb.google.co.uk/3besters/FrostAtTheOffice?authkey=IovXU1lK79c


O ja, dan kry mens nog ys ook. Nie gewone ys soos ons dit ken wat dit in 'n glas gooi nie. As hier eers ys op die paaie is gaan dit baie rof. Karre staan sommer op een plek en spin. Theo, Annelie en Cherise was in Desember hier en toe het ons na een of ander wêreld bekende ys expo gaan kyk in Brugge. Dit was blykbaar op TV in Suid Afrika ook gewees - 'n heel interessante affêre:



Ek en Theo het 'n vinnige "shot" vodka by die ysmuur gevat....



Die hele ys expo album is by: http://picasaweb.google.co.uk/3besters/IceExpoBrugge2007?authkey=PPcveF9cERQ


Terwyl ek nou so besig i
s met die ys en sneeu stories... hier is ons in Oostenryk besig met rêrige sneeu vakansie. Hierdie eerste album is die hartseer een gewees... Desember 2006.

http://picasaweb.google.co.uk/3besters/OostenrykDes06?authkey=NHQwFa4VHt4

Terwyl ons op hierdie punt is... ons was in Junie 2006 nog almal saam by Menlyn in Pretoria waar ons op "Boere sneeu" gespeel het. Min nog op daardie stadium geweet wat alles op ons wag.



Hier is 'n paar klassieke foto's tussenin.

http://picasaweb.google.co.uk/3besters/MenlynJunie06?authkey=6__1svMc1lU

En hier is die laaste van sneeu/ys/wat ookal vir die oomblik. Ons vakansie saam met Theo, Anneli en Cherise in Sneeu land. Goue tye... dit was wonderlik om hulle hier te hê. Hierdie eerste foto was Ou Kersaand, net nadat ons by die hotel aangekom het.



Hierdie is Anneli saam met die kinders besig om by 'n bult af te jaag. Heng, ons mis Pops erg jong. Sy sou dit so "gelaaik" het!



Die hele album van die ski trippie by:


http://picasaweb.google.co.uk/3besters/Kersfees2007Oostenryk?authkey=59Vf1YfSKBQ

Die laaste foto op die album is ek besig om by die helling af te ski.... wishful, wishful - sommer net 'n foto van 'n poster wat Pieter met die kamera geneem het.

Geen opmerkingen: